
Onvergeetlike oomblikke van JOOL 2017 vlotoptog
Op Saterdag 4 Februarie het duisende studente deur die strate van Potchefstroom geloop en blikskud met hul massiewe vlotte agter hulle.
Studente werk al vir weke daaraan om blommetjies te vou, strukture te sweis en popkoppe te maak om hierdie hoogtepunt van JOOL (Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid) moontlik te maak. Alle geld wat die eerstejaars op hierdie dag ingesamel het, gaan aangewend word vir verskeie SJGD (Studente JOOL Gemeenskapsdiens) projekte.
Hier is ‘n paar foto’s van die vlotoptog:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!






