NewsNews

Dis weer tyd vir JOOL

Die vlotoptog begin Saterdagoggend omstreeks 08:00 vanaf die JOOLplaas.

IMG-20170125-WA0026

Bertie Jacobs

Dit is ’n opskop van kleur en klank, van pret en plesier.
Dit gaan oor liefdadigheid, dit gaan oor omgee.
Dit is Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit se JOOL – Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid – en dit skop oudergewoonte die jaar op skouspelagtige wyse af.
Op 4 Februarie word ’n progressie vlotte deur sowat 300 studente deur die strate van Potchefstroom begelei en daar word vir ’n vale blikgeskud.

IMG-20170125-WA0032
Elke jaar word meer as R1 miljoen deur JOOL vir tientalle begunstigdes ingesamel wat ouetehuise, welwillendheidsorganisasies, individue en hospitale insluit.
Hierdie geld word deur SJGD (Studente JOOL-Gemeenskapsdiens) uitbetaal en, behalwe vir hierdie uitbetalings, word amper 100 projekte deur SJGD onderhou en bestuur.
Donderdagaand 2 Februarie op die JOOL-plaas, van 18:00 af, speel Taking Autumn, Desmond and the Tutus, Karen Zoid, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties en Fokofpolisiekar. Vrydagaand is dit Majo Rademeyer, Joshua na die Reën, Spoegwolf, AKING, The Parlotones en DJ Naves & SPHEctacula.

IMG-20170125-WA0033
Daar sal ook Vrydagaand 20:50, as die weer dit toelaat, ’n vuurwerkvertoning wees wat beloof om ieder en elk se asems weg te slaan. Dit is JOOL se manier om vir die publiek hul dank vir hul deurlopende ondersteuning te bewys.
“Ek wil namens ons almal van SJGD en JOOL graag die publiek bedank vir hul deurgaanse ondersteuning. Dit is danksy julle dat hierdie organisasie vir etlike dekades kan voortgaan om hulle wat behoeftig is te help,” het Janine Möller, SJGD-voorsitter, gesê.
Kaartjies is teen R120 per aand by die JOOL-plaas se hekke beskikbaar.

Die vlotoptog begin Saterdagoggend omstreeks 08:00 vanaf die JOOLplaas.

vlotroete

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button