Mak hiëna steeds soek
Daar word steeds gesoek na Ven, die mak 9 maande oue hiëna van Hardus Breytenbach. Die hiëna het in die Parys-omgewing weggeraak toe hy na ’n nuwe tuiste vervoer is en het waarskynlik geskrik toe ’n motoris op die Vaal Eden-pad op hom afgepyl het en hy deur ’n grensdraad gevlug het.

Daar word steeds gesoek na Ven, die mak 9 maande oue hiëna van Hardus Breytenbach.
Die hiëna het in die Parys-omgewing weggeraak toe hy na ’n nuwe tuiste vervoer is en het waarskynlik geskrik toe ’n motoris op die Vaal Eden-pad op hom afgepyl het en hy deur ’n grensdraad gevlug het.
Ven is deur Breytenbach met die hand grootgemaak toe hy 5 weke oud was. Volgens Breytenbach se vriendin is Ven aan Breytenbach gegee om groot te maak as ’n ambassadeur vir ’n hiëna teelprojek om bewusmaking oor hiënas te doen. Sy sê die hiëna is wettig in Breytenbach se besit en heeltemal mak.
As jy die hiëna sou opmerk of weet waar Ven moontlik kan wees, skakel Hardus Breytenbach by 078-590-7080.



