Entertainment

Fliek Vlooi: Ben-Hur

Ek gee Ben-Hur 5/10. Die eerste helfte van die fliek was uiters teleurstellend, uitgerek en baie vervelig. Dit is eers in die middel van die fliek dat dit begin goed raak. Ek moet sê as daar soveel moeite in die begin ingesit is soos aan die einde gesien kan word, sou die fliek dalk 10/10 gekry het.

Ben-Hur

Dié fliek is gebaseer op die verhaal wat in die Bybelse tyd afspeel van die jong prins van Jerusalem, Juda Ben-Hur (Jack Huston) en sy toksiese verhouding met sy aangenome broer Messala (Toby Kebbell).
Ben-Hur en Messala het ‘n baie hegte verhouding gehad as jong mans, maar dinge het baie verander nadat Messala die huis verlaat het om by die Romeinse weermag aan te sluit.
Toe Messala op ‘n dag terugkeer na Jerusalem, nou as ‘n Romeinse offisier, vra hy Ben-Hur se hulp om ‘n groep rebelle te identifiseer.
Toe Ben-Hur weier om sy mede Jode op te gee, word hy deur sy eie aangenome broer van verraad beskuldig, gestroop van sy titel en met geweld van sy vrou (Nazanin Boniadi), moeder en suster geskei.
Na etlike jare as ‘n slaaf op die skepe, bevind hy homself met ‘n geleentheid om wraak te neem op sy broer, die man wat sy lewe verwoes het.
Alhoewel die storie baie opwindend is, kon die fliek soveel beter gewees het.
Ek gee Ben-Hur 5/10. Die eerste helfte van die fliek was uiters teleurstellend, uitgerek en baie vervelig. Dit is eers in die middel van die fliek dat dit begin goed raak. Ek moet sê as daar soveel moeite in die begin ingesit is soos aan die einde gesien kan word, sou die fliek dalk 10/10 gekry het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button