NewsNews

Bekende in motorhandel kringe sterf

Die baie bekende mnr. Hannes Burke, mede-eienaar van Umfula Motors in Parys, is Donderdagaand 26 Januarie in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Hy sou April 81 geword het.

Die baie bekende mnr. Hannes Burke, mede-eienaar van Umfula Motors in Parys, is Donderdagaand 26 Januarie in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Hy sou April 81 geword het.
Mondkanker is in 2013 by mnr. Burke gediagnoseer en het hy verbete teruggeveg. Die operasies en behandeling wat gevolg het, het hom nie onder gekry nie.
Op 18 Januarie het hy vir ’n laaste klein operasie gegaan om sy spraak en sluk te verbeter. Dit het baie goed gegaan en is hy dieselfde dag nog ontslaan. Hy was weer die 19de op sy pos by Umfula Motors.
Hy het egter kort daarna begin sleg voel en gekla van nek pyn. Maandagoggend het sy seun, Johann, hom teruggegeem hospitaal toe. Sy toestand het egter versleg en was hy sedert Dinsdag in die intensiewe sorgeenheid. Hy is Donderdagaand net na 18:00 oorlede.
Hannes het in 1981 begin by Umfula Motors. Hy was saam met mev. Bettie Smit mede-eienaars van die motorhandelonderneming.
Hannes word oorleef deur sy vrou, Alida, seun Johann, dogters Joan en June, 5 kleinkinders en 1 agterkleinkind.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button