NewsNews
SR-lid van pligte onthef ná beweerde diefstal
“‘n Studenteraadslid van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus is tydelik van pligte onthef, hangende die uitkoms van ‘n ondersoek en/of dissiplinêre verhoor na ʼn beweerde voorval van winkeldiefstal,” lui ‘n boodskap op die NWU Potchefstroomkampus se Facebookblad.

Die voorval het vroeër die week in die Kampus se studentekafeteria plaasgevind. Die Universiteit is tans besig met ʼn interne ondersoek. Die universiteit weerhou die SR-lid se naam hangende die uitkoms van ’n ondersoek.
Volgens die boodskap gee die SR-lid hulle volle samewerking.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!