NewsNews

Polisieman vas oor veediefstal

’n Konstabel wat by Buffelshoek-polisiestasie gesta-sioneer is, en ’n medebeskuldigde het Vrydag in die hof verskyn vir ’n formele borgaansoek, nadat hulle vroeër in hegtenis geneem en aangekla is vir veediefstal.

’n  Konstabel wat by Buffelshoek-polisiestasie gesta-sioneer is, en ’n medebeskuldigde het Vrydag in die hof verskyn vir ’n  formele borgaansoek, nadat hulle vroeër in hegtenis geneem en aangekla is vir veediefstal.
Dit volg nadat ’n boer van die omgewing agtergekom het dat van sy beeste weg is. Kort daarna het sy vennoot hom laat weet dat hy die beeste by die veilingskrale gesien het.
“Van die koeie is maklik om uit te ken omdat een byvoorbeeld net een horing het, en van die ander het unieke kleure,” het die boer gesê.
Met nadere ondersoek het hulle besef dat die oorplaatjies uit die beeste se ore geruk is en hulle het ook die brandmerke op die beeste herken. “Dit is toe dat ons die veediefstal-eenheid gekontak het,” vertel hy.
Die eenheid het gekyk wie die beeste by die veilingskraal ingeboek het, wat hulle op die polisieman en sy medebeskuldigde se spoor gesit het.
Albei is later die dag in hegtenis geneem.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button