NewsNews

Ngwathe kry nuwe bestuurder

Ná minstens sewe waarnemende munisipale bestuurders wat oor die afgelope 10 jaar gekom en gegaan het, is daar uiteindelik weer ’n permanent-aangestelde munisipale bestuurder wat die leisels van die Ngwathe Munisipaliteit kan vashou.

Ná minstens sewe waarnemende munisipale bestuurders wat oor die afgelope 10 jaar gekom en gegaan het, is daar uiteindelik weer ’n permanent-aangestelde munisipale bestuurder wat die leisels van die Ngwathe Munisipaliteit kan vashou.
Bruce Kannemeyer wat tans munisipale bestuurder van Vrede is, se aanstelling as munisipale bestuurder vir Ngwathe is verlede week eenparig aanvaar.
Kannemeyer is beskryf as ’n hoogs gekwalifiseerde man met die nodige ervaring. Die 51-jarige Kannemeyer het ’n  B.Ekon-graad, Sertifikaat in Munisipale Finansiële Bestuur en Hoër Diploma in Opvoeding.
Hy was vir 10 jaar onderwyser en toe vir twee jaar  sake konsultant.
Van 1999 tot 2004 dien hy as lid van die parlement en word munisipale bestuurder van die Stellenbosch munisipaliteit van 2007 tot 2010.
Daarna was hy munisipale bestuurder van die OR Tambo Distrik Munisipaliteit en is die afgelope vier jaar munisipale bestuurder van die Phumelela Munsipaliteit in die Vrystaat, wat Vrede insluit.
Kannemeyer sal op 1 Februarie in sy nuwe pos begin en het ’n aanstellingstermyn van vyf jaar.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button