En in die gat….
Wat bykans twee maande gelede nog gelyk het na ’n nuwe munisipale swembad in wording vir Parys by die kruising van Loop- en Waterstraat met kinders wat in die water baljaar het, is nou net ’n droë gat wat oënskynlik net verbygangers die kop in skaamte laat sak vir sulke flink dienslewering. Die gat wat deur munisipale werkers van Ngwathe gegrawe is om ’n pyplek reg te maak, lê al maande so oop by dié gevaarlike kruising. En met Desember se heerlike reën vir Parys en omgewing, het die gat sommer gou ‘n swembad geword.

Wat bykans twee maande gelede nog gelyk het na ’n nuwe munisipale swembad in wording vir Parys by die kruising van Loop- en Waterstraat met kinders wat in die water baljaar het, is nou net ’n droë gat wat oënskynlik net verbygangers die kop in skaamte laat sak vir sulke flink dienslewering.
Die gat wat deur munisipale werkers van Ngwathe gegrawe is om ’n pyplek reg te maak, lê al maande so oop by dié gevaarlike kruising. En met Desember se heerlike reën vir Parys en omgewing, het die gat sommer gou ‘n swembad geword.
Die laaste sien van die munisipale werkers was toe die gat einde verlede week leeggepomp is en toe maar weer laat staan is. Selfs die sonsambreel wat Desember nog daar gestaan het, is weg. Dalk is inwoners se enigste oplossing maar om dit self op te vul en ‘n boom te plant, word nou gespot.



