
Gebiede wat hierdeur geaffekteer word is onder meer Vereeniging, Vanderbijlpark, Sebokeng, Roshnee, Evaton, Lakeside, Rust-ter-Vaal Bophelong en Boipatong.
Volgens Stanley Gaba, waarnemende kommunikasiebestuurder vir die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit kon inwoners in die gebied nie daarin slaag om 15% water weekliks te spaar soos voorgeskryf deur die Departement van Water en Sanitasie nie. Sover is slegs 9.5% weekliks gespaar.
Hoogliggende gebiede soos Evaton, Lakeside en Roshnee sal geen water in die tye hê nie, terwyl laagliggende gebiede soos Vanderbijlpark en Vereeniging drupsgewys water sal hê wat uit die krane loop omdat daar steeds bietjie water in die reservoirs agterbly.
Gaba sê verder dat hoewel die Vaaldam se watervlak aansienlik gestyg het, het die land en die opvangsgebied van die Vaaldam nog baie reën nodig.
Sou inwoners van Emfuleni nie daarin slaag om 15%water te spaar nie sal die munisipaliteit gedwing word om waterrantsoening bedags ook te implementeer.
Daar is in Desember gevra sakeondernemings en nywerhede moet hul watergebruik drasties verminder, terwyl huishoudings nie meer as 25 kiloliter water moet gebruik nie. Na ‘n opname gedoen is, is gevind dat 3 000 sakeondernemings en nywerhede en 41 000 huishoudings hul waterverbruik oorskrei het.



