Geliefde sakeman sterf
Christo Blomerus, bekende sakeman en elektrisiën van Parys, het op Vrydag 20 Januarie ná ses maande, sy stryd teen kanker verloor. Christo was baie geliefd in die gemeenskap. Sy kliënte het oor ’n tydperk van 30 jaar hom geken as ’n eerlike, opregte mens wat altyd reg was om hulp en raad te gee.
Christo Blomerus, bekende sakeman en elektrisiën van Parys, het op Vrydag 20 Januarie ná ses maande, sy stryd teen kanker verloor.
Christo was baie geliefd in die gemeenskap. Sy kliënte het oor ’n tydperk van 30 jaar hom geken as ’n eerlike, opregte mens wat altyd reg was om hulp en raad te gee.
Hy het vir jare gedien op die beheerliggaam van Parys Primêre skool, en was vir meer as 25 jaar op die kerkraad van die NG gemeente Parys-Oos,
Hy word oorleef deur sy vrou, Corné, 5 kinders, 3 skoonseuns en 4 kleinkinders, asook ’n broer en suster. Christo en Corné was 35 jaar getroud.
Christo sal altyd onthou word deur sy geliefdes en vriende as ’n sagte, liefdevolle mens wat diep spore in Parys getrap het en vir wie sy gesin en familie hom baie na aan die hart gelê het.
Die begrafnisdiens is Vrydag 27 Januarie om 11:00 vanuit die NG gemeente Parys-Oos.
Daar is soveel name om te noem – dankie aan elkeen wat met ’n woord of gebaar van vriendskap en meelewing uitgereik het na die Blomerus-gesin. Dit word opreg waardeer.



