SAPD Lede en sekuriteitspersoneel soek die vuurwapens wat deur die rowers tussen die bosse ingegooi is. FOTO: JANNIE DU PLESSIS
Die rooftog was rondom 00:00 vanoggend en volgens inligting was daar meer as net die vier rowers betrokke. Twee van die rowers is klaarblyklik deur sekuriteit personeel gewond waarop hulle probeer het om by die Noord-Westelike hek te probeer uitglip. Die sekuriteit by die hek het hulle egter voorgekeer en hulle het na die suidelike parkering gehardloop waar hulle deur SAPD en sekuriteitspersoneel vasgetrek is. Die gesteelde items wat by Amerian Swiss geroof is is alles teruggevind. Vanoggend het polise en sekuriteitspersoneel na vuurwapens in die bosse gesoek wat waarskynlik deur die rowers daar gegooi is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



