NewsNews
Rowers lui klokkie, oorval vrou
Drie gewapende rowers het vanoggend ’n vrou en haar kind in Muisvoëlsingel, Oudewerfpark, oorval en beroof. Hulle het met ’n skootrekenaar, selfoon, beursie en pinnommers van die bankkaarte in die beursie, ’n plasma TV en mikrogolfoond op die vlug geslaan. ’n Wit BMW met Vrystaat registrasienommer is gebruik in die voorval.

Drie gewapende rowers het vanoggend ’n vrou en haar kind in Muisvoëlsingel, Oudewerfpark, oorval en beroof.
Hulle het met ’n skootrekenaar, selfoon, beursie en pinnommers van die bankkaarte in die beursie, ’n plasma TV en mikrogolfoond op die vlug geslaan.
’n Wit BMW met Vrystaat registrasienommer is gebruik in die voorval.
Enigeen wat inligting het wat die polisie moontlik kan help met hul ondersoek word dringend gevra om die Parys Speurdiens bevelvoerder, kapt. Gert Bruwer, te skakel by 082 466 8094. Lees hoe misdaad oor die afgelope maande toegeneem het in Parys in volgende week se Gazette.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


