NewsNews

“Potchefstroom gaan vir Ventersdorp betaal” sê Vryheidsfront

Die burgermeester het die huidige Eskom/Ventersdorp kwessie met ʼn huwelik vergelyk “If you (Potchefstroom) marry a poor husband (Ventersdorp), you can’t just divorce him… you help him…” lui ‘n verklaring van Vryheidsfront raadslid Fanie du Toit na die spesiale raadsvergadering wat Maandag 16 Januarie plaas gevind het.

ventersdorp

Die VF Plus het die voorgestelde afbetalings-ooreenkoms met Eskom, wat deur die ANC voorgelê is, van die hand gewys, aangesien, volgens hulle plan daar kwartaalliks ʼn bedrag van R 6.850 miljoen aan Eskom betaal word sonder enige waarborge dat die fondse beskikbaar gaan wees of definitiewe planne in plek waar die fondse vandaan gaan kom.

“Waar gaan die geld vandaan kom? Ventersdorp het nie die geld nie, daar word nie eers geld ingesamel vir die lopende rekening nie. Die grootste gedeelte gaan van Potchefstroom af kom,” het du Toit gesê.

Die totale agterstallige Eskom bedrag (sonder rente) beloop tans R 47 968 322.32

Ventersdorp se vorderingskoers van Desember 2016 was minder as 30%.

Volgens du Toit, word daar tans slegs ongeveer 50 kennisgewings per dag, a.g.v interne arbeidskwessies, aan  241 besighede en 1854 boere uitgestuur om hulle te vermaan om alle agterstallige munisipale rekenings op datum te bring voor 1 Februarie 2017, indien nie sal  hulle  elektrisiteits-toevoer opgeskort word.

Dit is ten spyte van die feit dat meer as 1000 munisipale rekeninge in Ventersdorp navrae/probleme het, wat R 4.7mil beloop. Verder word R 11.1 miljoen aan die munisipaliteit geskuld deur staatsinstansies.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button