“Potchefstroom gaan vir Ventersdorp betaal” sê Vryheidsfront
Die burgermeester het die huidige Eskom/Ventersdorp kwessie met ʼn huwelik vergelyk “If you (Potchefstroom) marry a poor husband (Ventersdorp), you can’t just divorce him… you help him…” lui ‘n verklaring van Vryheidsfront raadslid Fanie du Toit na die spesiale raadsvergadering wat Maandag 16 Januarie plaas gevind het.

“Waar gaan die geld vandaan kom? Ventersdorp het nie die geld nie, daar word nie eers geld ingesamel vir die lopende rekening nie. Die grootste gedeelte gaan van Potchefstroom af kom,” het du Toit gesê.
Die totale agterstallige Eskom bedrag (sonder rente) beloop tans R 47 968 322.32
Ventersdorp se vorderingskoers van Desember 2016 was minder as 30%.
Volgens du Toit, word daar tans slegs ongeveer 50 kennisgewings per dag, a.g.v interne arbeidskwessies, aan 241 besighede en 1854 boere uitgestuur om hulle te vermaan om alle agterstallige munisipale rekenings op datum te bring voor 1 Februarie 2017, indien nie sal hulle elektrisiteits-toevoer opgeskort word.
Dit is ten spyte van die feit dat meer as 1000 munisipale rekeninge in Ventersdorp navrae/probleme het, wat R 4.7mil beloop. Verder word R 11.1 miljoen aan die munisipaliteit geskuld deur staatsinstansies.



