NewsNews

Brand by Vereeniging-polisiestasie

VEREENIGING. – Toe die publiek twee brandweerwaens van die Emfuleni Brandweer by die Vereeniging-polisiestasie in Voortrekkerstraat gewaar het, is die ergste vermoed.

 

IMG-20170116-WA0021

‘n Brand het gister, 16 Januarie omstreeks 18:00 by die Vereeniging-polisiestasie uitgebreek, maar te danke aan die brandweer se vinnige reaksie is die brand vinnig geblus.

Die brand is vermoedelik deur ‘n kortsluiting in die elektriese konneksies veroorsaak, maar dit is egter nog nie bevestig nie. Kaptein Fikile Funda, woordvoerder van die Vereeniging SAPD, sê geen skade is aan die kantore of enige dokumente aangerig nie.

Die ondersoek om die oorsaak van die brand te bevestig sal môre voortgaan omdat daar tans geen elektrisiteit by die gebou is nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button