NewsNews

Kragkrisis: 21 Munisipaliteite betaal

Eskom het vanoggend bekendgemaak dat goeie vordering gemaak word met die invordering van gelde wat deur munisipaliteite aan die kragreus verskuldig is. Van die 34 munisipaliteite wie se krag op geskeduleerde tye daagliks vanaf Januarie 2017 onderbreek sou word as strafmaatreël om die munisipaliteite te dwing om hul agterstallige skuld te betaal, is betalings ontvang en afbetalingsooreenkomste geteken vir 21 van die munisipaliteite.

Gevolglik sal die 21 munisipaliteite se krag nie afgesny word nie, het Eskom bevestig.

Eskom se interim hoof uitvoerende beampte, Matshela Koko sê hulle is bemoedig deur die reaksie wat van munisipaliteite gekry is. Hy sê die tyd het gekom dat uitstaande skuld betaal moet word en gehou word by ooreenkomste.

Hy sê dit is in die beste belang nie net van Eskom nie, maar van die hele Suid-Afrikaanse ekonomie.

Hy waarsku egter dat Eskom die situasie streng dophou om seker te maak afbetalingsooreenkomste word eerbiedig en huidige rekeninge betaal. Sou dit nie gebeur nie sal krag summier afgesny word sonder verdere kennisgewing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button