NewsNews

Wat kos Potch skole?

Businesstech het onlangs ‘n lys van die 20 duurste skole in die land publiseer. Kyk die lys hier. Potchefstroom Herald het na die verskeie Hoërskole in Potchefstroom se skoolgelde gekyk, hier is ‘n lys van duurste na goedkoopste skole in Potchefstroom.

School-uniform-tie

Die meeste informasie is op die verskillende skole se webtuistes gekry. Die skole wie nog nie die tariewe vir 2017 op die webtuistes bekend gemaak het nie is met ‘n * gemerk. Koshuisgelde is nie in berekening gebring nie.

  1. High School for Girls Potchefstroom*

girls high

 

Die skoolgelde vir dié skool beloop R21 700 per jaar. Volgens hulle Facebookblad het hulle vanjaar weer ‘n 100% slaagsyfer en 87.5% universiteitstoelating behaal. Twee van die top 20 leerders in die provinsie kom ook uit die skool uit.

  1. Potchefstroom Boys High School*

Potch_Boys_Crest

Boys High, soos die skool bekend is se skoolgelde beloop R17 500. Hulle het ‘n 98.8% slaagsyfer behaal.

  1. Potchefstroom Gimnasium*

Gimmies-logo

Volgens hulle webtuiste kos dit R12 000 per jaar vir Gr 8 en 9, terwyl die skoolgelde vir Gr. 10 -12 R13 000 beloop. Gimmies het vyf van die top 20 leerders in die provinsie opgelewer en ‘n 100% slaagsyfer behaal. Hulle universiteitstoelatingsyfer (90.27%) was ook die beste in die provinsie.

  1. Hoër Volkskool Potchefstroom

volkies2013

Die enigste skool op die lys wat sy 2017 tariewe al bekend gemaak het. Die skoolgelde beloop R12500 per jaar. Volkies het vanjaar ‘n 98.92% slaagsyfer behaal en het ook die top leerder in die provinsie (Lunè Smit) opgelewer.

 

Die skoolgelde vir Ferdinand Postma vir 2017 is R13 295. HTS Potchefstroom het nie ‘n webtuiste waar die informasie bekom kon word nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button