NewsNews

Ses dood in ongelukke

Drie sake van strafbare manslag word ondersoek na ongelukke waarin ses mense dood is. Mnr. W.R. Bothman (35) is op 15 Mei naby Tolmay se winkel dood nadat sy bakkie op die Mooibank-pad met ’n kombi gebots het.

Drie sake van strafbare manslag word ondersoek na ongelukke waarin ses mense dood is. Mnr. W.R. Bothman (35) is op 15 Mei naby Tolmay se winkel dood nadat sy bakkie op die Mooibank-pad met ’n kombi gebots het.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die voertuie van verskillende rigtings af op pad na die Viljoenskroon-kruising, toe hulle in mekaar vasgery het. “Albei voertuie het gerol en mnr. Bothman is omstreeks 13:00 op die toneel dood,” het Chaka gesê. Die bestuurder van die kombi is ernstig beseer en is deur ER24 hospitaal toe geneem. Op 16 Mei omstreeks 13:30, op die pad tussen Ventersdorp en Derby, het die polisie op ‘n toneel afgekom waar twee voertuie, ’n BMW X3 en Volkswagen Polo van voor teen mekaar gebots het. “Al vier die insittendes van die Polo is op die toneel dood en die bestuurder van die X3 is ernstig beseer,” het Chaka gesê.

‘n Fietsryer is dieselfde aand omstreeks 21:40 op die Schoemansdrift-pad doodgery. Volgens Chaka was die bestuurder van die voertuig op pad Potchefstroom toe, toe sy sig deur ‘n voertuig wat van voor af gekom het met sy hoofligte aan, belemmer is. Die bestuurder van die voertuig het daarna ‘n harde slag gehoor. Hy het gestop om te kyk wat aangaan en ’n man in die pad sien lê, met sy fiets ’n paar meter verder. Hy het dadelik die polisie en ambulans ontbied,” sê Chaka. Die fietsryer het later aan sy beserings beswyk. Hy is teen druktyd nog nie geïdentifiseer nie.

‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur is aanvanklik ondersoek, maar is intussen verander na strafbare manslag.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button