NewsNews

Man in kop geskiet tydens rooftog

'n Man is vanoggend (10 Januarie) omstreeks 04:00 tydens 'n rooftog in die kop en hand geskiet.

POTCHEFSTROOM-‘n Man is vanoggend (10 Januarie) omstreeks 04:00 tydens ‘n rooftog in die kop en hand geskiet.

Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die slagoffer en sy vriend langs die pad gestap naby die tronk toe hulle deur ‘n donkergroen BMW met ‘n GP nommerplaat voorgekeer word.

Die twee insittendes het geld by die slagoffers geëis, hulle het aan die verdagtes verduidelik dat hulle nie geld aan hulle het nie waarna een van die verdagtes die man geskiet het. Hulle het gevlug in die rigting van Schoemansdrift.

Die man is deur provinsiale ambulansdienste na Potchefstroom hospitaal toe vervoer. ‘n Saak van poging tot moord word ondersoek.

“As enige iemand die voertuig sien kan hulle die polisiestasie kontak by 018 299 7477/6,” het Chaka gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button