NewsNews

R5 000 op die spel vir een nuwe graad 1 leerling

Vanjaar staan ouers van graad 1-leerlinge wat in 2017 hul skoolloopbaan in Parys begin, die kans om R5 000 te wen wat aangewend moet word vir skoolfonds en direk aan die leerling se skool betaal sal word. Dit beteken ’n groot hupstoot om daardie skoolfondsfooi vir 2017 te betaal.

 

Vanjaar staan ouers van graad 1-leerlinge wat in 2017 hul skoolloopbaan in Parys begin, die kans om R5 000 te wen wat aangewend moet word vir skoolfonds en direk aan die leerling se skool betaal sal word. Dit beteken ’n  groot hupstoot om daardie skoolfondsfooi vir 2017 te betaal.

Al wat ouers moet doen is om dadelik hul nuwe graad 1 in sy of haar skoolklere af te neem en die foto by die Gazette se kantoor in die Klipspruit Mall, Waterstraat, Parys, in te handig of te e-pos na gazettenuus@gmail.com

Merk die onderwerp van jou e-pos as “Gr 1” en maak seker jy voeg jou kind se naam en van, die klas en skool waarin hy/sy sal wees, asook die ouers of voog se kontakbesonderhede by.

Foto’s wat tot en met die sluitingsdatum van die kompetisie 30 Januarie om 15:00 ontvang word, sal in die Gazette van 2 Februarie gepubliseer word, tesame met die besonderhede van die SMS-lyn. Lesers, ouers en familie sal dan geleentheid kry om vir die kleingoed van hul keuse te stem.

Die wenner met die meeste stemme se naam sal in die Parys Gazette van 9 Februarie aangekondig word, en sal die wengeld direk aan die wenner se skool oorbetaal word.

Die rekenaar-stemuitslag sal as finale beslissing aanvaaar word. Onthou die sluitingsdatum is 30 Januarie. Ons wag vir jou foto!

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button