NewsNews

Kommissie waarsku skooluniform monopolieë

Die Sunday Times berig dat die kompetisie kommissie vanjaar beweerde monopolieë in die skool uniform bedryf ondersoek.

Die Sunday Times berig dat die kompetisie kommissie vanjaar beweerde monopolieë in die skool uniform bedryf ondersoek.

Dit kom nadat verskeie ouers by die kommissie gekla het dat hulle geforseer word om uniforms by net een winkel te koop.

Die kommissie ondersoek sogenaamde eksklusiewe verskaffer ooreenkomste wat glo deur beheerliggame, handelaars, hoofde en vervaardigers aangegaan word. Hulle het reeds ingegryp by verskeie skole onder andere Bergvliet Hoërskool in Kaapstad, Alrapark sekondêr in Nigel, Vezimfundo laerskool in Delmas en Emmerentia laerskool in Johannesburg waar ouers gekla het dat uniforms buitensporig duur is en net by een handelaar beskikbaar is.

Volgens Tembinkosi Bonakele, kommissaris van die kommissie, bemagtig die wet op mededinging die kommissie om ‘n boete van tot 10% van ‘n firma se jaarlikse omset op te lê.

Sommige skole het reeds begin om eksklusiewe verskaffer kontrakte te beëindig.  Alhoewel die kommissie het beloof om aksie teen diegene wat nog nie opgetree het nie te neem. Die kommissie het ook reeds met ‘n paar verskaffers gepraat oor bewerings dat “kickbacks” aan skole betaal word.

“In baie gevalle is hierdie ooreenkomste onbepaald en ‘n paar maatskappye het reeds die eksklusiewe regte al vir dekades gehad,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button