NewsNews

Hof beslis in Eskom se guns oor kragdonker krisis

Die Noord-Gautengse Hoë Hof het pas in Eskom se guns beslis dat dié kragreus wel die elektrisiteitsvoorsiening na 8 munisipaliteite wat enorme bedrae aan Eskom verskuldig is, mag staak. Regter Hans Fabricius het AfriForum se dringende aansoek teen Eskom met koste van die hand gewys. Hy het gesê munisipaliteite moet tot verantwoording geroep word.

Die Noord-Gautengse Hoë Hof het pas in Eskom se guns beslis dat dié kragreus wel die elektrisiteitsvoorsiening na 8 munisipaliteite wat enorme bedrae aan Eskom verskuldig is, mag staak. Regter Hans Fabricius het AfriForum se dringende aansoek teen Eskom met koste van die hand gewys. Hy het gesê munisipaliteite moet tot verantwoording geroep word.

Die hof het gedurende die dringende aansoek argumente aangeraak wat AfriForum en AfriSake voorberei het vir die hoof-hofaansoek op 22 Maart 2017. Vandag se uitspraak dui dat daardie argumente nie geslaag het nie en beide organisasies sal moet oorweeg of hulle wel nog kan voortgaan met die hoofaansoek en of die aansoek laat vaar gaan word.

Eskom het gister (Woensdag 4 Januarie) vir eers sy voorneme van verpligte strafbeurtkrag vir die 8 munisipaliteite wat vanaf   5 Januarie van toepassing sou wees, op ys gesit tot Dinsdag 10 Januarie,  in afwagting op die uitspraak op die hofaansoek. Aanduidings is nou dat die munisipaliteite se krag na alle waarskynlikheid op die voorgestelde strafbeurtkragtye gesny sal word vanaf Maandag 16 Januarie.

Die 8 munisipaliteite sluit in Thembelihle (Noord-Kaap), Moqhaka (Vrystaat), Mailonyana (Vrystaat), Nkentoana (Vrystaat), Mantsopa (Vrystaat), Tokologo (Vrystaat), Nala (Vrystaat) en Dihlabeng (Vrystaat). ‘n Besluit oor Mafube munisipaliteit is eers uitgestel tot verdere kennisgewing.

Fabricus het in sy uitspraak beklemtoon dat Eskom nie ‘n verantwoordelikheid het om elektrisiteit aan belastingbetalers te voorsien nie, maar dat die verantwoordelikheid om basiese dienste te lewer by munisipaliteite lê. Eskom op sy beurt het gesê dat daar sedert 2011 gepoog word om die munispaliteite te kry om hul agterstallige skulde te betaal. Daar is ook gesê dat tot die stap oorgegaan word in terme van die Elektirisiteitsvoorsieningswet van 2006 en die ooreenkomste met munispaliteite.

Eskom het aanvanklik eers kennisgewings vir die 8 munisipaliteite geplaas, en toe op 22 Desember, toe die finale besluit oor dié agt munisipaliteite aangekondig is, ook kennisgewings vir Ngwathe (Parys, Vredefort, Edenville, Heilbron en Koppies) geplaas.

Luidens die kennisgewing wat Ngwathe (Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville) en Phumelela raak sal die verpligte beurtkragtye vanaf 7 Februarie van krag wees, met finale kennisgewings rakende Eskom se besluit wat einde Januarie gepubliseer sal word, is aan Gazette bevestig.

Dit nadat daar in November 2016 ná daar weer gerugte was van Eskom se voornemens om elektrisiteitsvoorsiening te staak,  die volgende bevestig is: “Ngwathe is earmarked for the implementation of the municipal recovery project, through which Eskom will assist the municipality with various initiatives towards financial sustainability.” In dieselfde terugvoer is egter ook gesê dat die munisipaliteit steeds verantwoordelik is om ‘n afbetalingsooreenkoms met Eskom aan te gaan, maar daar is toe nog onderhandel.

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit skuld Eskom reeds R 637 261 456.90 (Seshonderd sewe en dertig miljoen, tweehonderd een en sestig duisend, vierhonderd vyf en sestig rand en negentig sent) waarvan ’n deel sedert Junie 2010 uitstaande is en eskaleer (“die elektrisiteitskuld”).

Die beoogde onderbreking van elektrisiteitsvoorsiening sal lei tot tydelike geskeduleerde ontkoppeling op die volgende tye:

 

 

Maandag tot Vrydag Saterdag en Sondag
06h00 – 08h00 08h30 – 11h00
17h00 – 19h30 15h00 – 17h30

 

 

Die sluitingsdatum vir openbare vertoë, voorleggings, kommentaar en/of versoeke vir verdere inligting met betrekking tot die Ngwathe kennisgewing is  22 Januarie 2017.

Sulke openbare vertoë, voorleggings, kommentaar en/of versoeke vir verdere inligting sal deur Eskom oorweeg word, en die finale besluit sal in ’n kennisgewing gepubliseer word op 30 Januarie 2017.

Openbare vertoë, voorleggings, kommentaar en/of versoeke vir verdere inligting moet gerig word aan:

 

Senior Adviseur Verkope en Klantediens

 

Fisiese adres: Henrystraat 120

BLOEMFONTEIN

 

Posadres:        Posbus 365

BLOEMFONTEIN

9300

 

E-posadres:     publicnwr@eskom.co.za

 

Faks:               086 560 1516

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button