NewsNews

Potchefstromers sien nie sin in voorgestelde spoedgrens

Die departement van vervoer het onder andere voorgestel dat spoedgrense in stedelike gebiede verlaag moet word na 40km/h en op ander paaie 80km/h, behalwe snelweë buite stedelike gebiede en op snelweë wat deur woonbuurte strek te verlaag na 100km/h.

Die departement van vervoer het onder andere voorgestel dat spoedgrense in stedelike gebiede verlaag moet word na 40km/h en op ander paaie 80km/h, behalwe snelweë buite stedelike gebiede en op snelweë wat deur woonbuurte strek te verlaag na 100km/h.

Mnr. Malcolm Grimbeek, hoof van verkeer in Potchefstroom glo dat die vermindering van die spoedgrens van 60km/u na 40km/u in woongebiede ’n goeie ding is, aangesien daar dikwels kinders en diere in die strate is. “Teen 60km/u neem dit omtrent 100m voor jy tot stilstand kom. Die huidige spoedgrens is dus te vinnig vir woongebiede,” sê hy.

Volgens Grimbeek bly die uitvoerbaarheid van die nuwe voorstelle egter die grootste probleem, wat die groter provinsiale paaie en snelweë betref, glo hy nie dat die vermindering van die spoedgrens die beste opsie is nie. “Hoe lank gaan dit jou neem om by jou bestemming uit te kom teen 80km/u?”
Volgens hom moet daar eerder gekyk word na die padwaardigheid van voertuie, “Strenger wetstoepassing op padwaardigheid van veral openbare vervoer soos taxi’s is die sleutel vir beter veiligheid. Dit en beter opleiding vir bestuurders,” sê hy.

Potchefstromers het op Facebook uitgevaar teen dié nuwe voorstelle. Renche Pretorius: Ja-nee nou gaan ons so stadig ry die hi-jackers gaan nie eens nodig hê om ons te stop nie, hulle klim sommer in so met die ry… dis verdomp belaglik

Johan Petro Jacobs: Hul moet dalk die paaie regmaak
Rudi Van de Venter: Indien hulle die spoedperk so laag maak, gaan dit mos heeldag neem vir die verkeerspolisiemanne en -vroue om by die hoendervleis- en oliebol-winkels uit te kom…
Frank Worroll: Maak eers die paaie reg dan moet hulle worry oor ander goed. Die paaie mors ons karre op en ons moet net uithaal en wys.
Altes Fick: Dit help nie hulle maak wette as almal hulle in elk geval afvee aan die wette nie. Mense ry soos mal goed deur die dorp in Nelson Mandela rylaan. Gister het iemand ‘n verkeersman onderstebo gery terwyl hy die verkeer moes beheer, en nog weggejaag ook. Geen respek vir ander se lewens nie.
Riana Botha Coetzee: Ek sien glad nie die sin daarvan nie. Hulle moet eers die mense ordentlik leer om die padreëls te gehoorsaam, dan kan hulle besluit wat om verder te doen. Ek staan Donderdag by ‘n rooi robot, daar staan ‘n taxi langs my, die robot is nog rooi toe ry hy al en sowaar druk die meneer agter my vir my toeter dat ek moet ry. Wou hom iets wys maar het besluit om nie tot sy vlak te daal nie en gewag vir die robot om groen te slaan voor ek rustig weggetrek het.

Related Articles

Back to top button