NewsNews

Jy kan aangekla word as jy mense oor padblokkades waarsku

Die polisie ondervind deesdae ʼn probleem van mense wat sosiale media gebruik om ander teen padblokkades te waarsku berig die Citizen.

Die polisie ondervind deesdae  ʼn probleem van mense wat sosiale media gebruik om ander teen padblokkades te waarsku berig die Citizen.

Kapt. Raymond Deokaran, polisiewoordvoerder in Durban-Noord,  sê mense wat sosiale media gebruik om ander teen  padblokkades te waarsku kan aangekla word van dwarsboming van die gereg as hulle uitgevang word, word deur die Northglen News berig

Deokaran sê hy is bewus van gevalle waar aankondigings by kroeë of op WhatsApp groepe gemaak is om ander teen padblokkades te waarsku.

“Dit los nie die probleem op nie, dit laat mense weet van padblokkades en moedig potensieel gevaarlike bestuurders om agter die stuurwiel te klim. Sosiale media kan ‘n waardevolle bate wees nie wanneer dit gebruik word om die wet te ondermyn nie. Ons hou padblokkades om gevaarlike mense van die pad af te probeer kry, “het hy gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button