Onwettige hengelaars vasgevat
Verteenwoordigers van DESTEA (Department of Economic, Small Business Development, Tourism & Environmental Affairs) in die Vrystaat, die polisie, die Sasolburgse en Welkomse honde-eenhede en Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) het vandag aan ‘n operasie deelgeneem waar toegeslaan is op mense wat nie volgens wetlik voorgeskrewe reëls hengel nie. Van die hengel oortredings wat dikwels by riviere, …

Verteenwoordigers van DESTEA (Department of Economic, Small Business Development, Tourism & Environmental Affairs) in die Vrystaat, die polisie, die Sasolburgse en Welkomse honde-eenhede en Landelike Gemeenskap Veiligheid (LGV) het vandag aan ‘n operasie deelgeneem waar toegeslaan is op mense wat nie volgens wetlik voorgeskrewe reëls hengel nie.
Van die hengel oortredings wat dikwels by riviere, soos die Vaalrivier, maar veral ook die Wilgerivier gesien word, is hengel met nette, mense wat geelvis vang en sogenaamde “jig”.
Volgens Herman Jordaan en Koos den Hauting van DESTEA, wat deelgeneem het aan die operasie, is daar teen 12:00 vanmiddag reeds 9 fuik koi nette gekonfiskeer en dagvaardigings met ‘n R500 boete elk aan vier persone uitgereik. Die operasie, georganiseer deur LGV, sou toe ook verder stroomaf voortgesit word.
Dankie aan Jordaan en Den Hauting, AOs Jan le Roux, Holtzhausen en Basie Matthee, en Pieter Kemp, Kobus de Meyer en Jaco Etsebeth wat gehelp het met die operasie.



