NewsNews

PAWS gee terug aan die gemeenskap met behulp van pragboom

Die Festival of Trees is ‘n projek wat jaarliks gehou word deur die Potch Mooi Rotaryklub en Potchefstroom se hoofmuseum.

Samson Sobopha en Margaret Alexander van SAVF Ons Hulde, Andries Venter van PAWS, Sharon Pyburn van Team Daly, Hein Pretorius van Potch Mooi Rotary en Miems Lamprecht van die Potchefstroom museum.

Samson Sobopha en Margaret Alexander van SAVF Ons Hulde, Andries Venter van PAWS, Sharon Pyburn van Team Daly, Hein Pretorius van Potch Mooi Rotary en Miems Lamprecht van die Potchefstroom museum.

Die Festival of Trees is ‘n projek wat jaarliks gehou word deur die Potch Mooi Rotaryklub en Potchefstroom se hoofmuseum.
Mense kan stem vir watter boom hulle wil hê moet wen, en stemme word in die vorm van blikkieskos geplaas. Een blikkie kos tel as een stem en duurder produkte, soos ‘n blik koffie van R80, sal dan agt stemme werd wees. Die boom wat wen, kan dan die blikkieskos wat ingesamel is, aan ‘n welsynsorganisasie van sy keuse skenk.
Daar is twee kategorieë waarvoor gestem kan word, die groot boom- en die klein boom-kategorie. PAWS was die wenner in die groot boom-kategorie en het ‘n groot skenking van Team Daly gekry wat gehelp het met dié wen.
PAWS het sowat R15 000 se hondekos gekry, waarvan Team Daly die hoofskenker was. Nie net het Team Daly ‘n groot korporatiewe skenking gemaak nie, maar hulle personeel het ook aan PAWS geskenk. Verder het PAWS ook sowat R12 500 se blikkieskos gekry en het besluit om dit aan SAVF Ons Hulde te skenk.
Bestuurder van PAWS, Andries Venter wil dankie sê aan Team Daly en aan die gemeenskap wat so baie kos vir hulle geskenk het. Venter sê dat hulle besluit het om hulle kos aan Ons Hulde te skenk omdat hulle saam met die ouetehuise werk. Mense skenk gewoonlik vir PAWS kos, en hierdie is hulle manier om terug te gee.
“Dit is regtig wonderlik vir Ons Hulde, en ons gaan ver kan kom met die kos. Ons waardeer dit so baie,” sê Margaret Alexander, huishoudster by Ons Hulde.
In die klein boom-kategorie het Star Taxation Services die meeste stemme verwerf. Hulle het besluit om hulle blikkies te skenk aan die Potch Mooi Rotary Anns se bejaarde projek.
Jolaine Ford van die Potch Mooi Rotaryklub sê dat die jaar se Festival of Trees ‘n baie groot sukses was en dat dit ‘n totaal van sowat R40 000 se kos ingesamel het, sowat R10 000 meer as wat die projek verlede jaar genereer het.
Sharon Pyburn van Team Daly wil besighede aanmoedig om volgende jaar ook deel te word van die projek. ‘n Besigheid moet net ‘n boom bring om uit te stal en mense uitnooi om vir hulle te kom stem. So kan besighede in Potchefstroom ook teruggee aan die gemeenskap.

Related Articles

Back to top button