NewsNews

Laaste groet vir oud-Parysenaar

Leon Alberts wat vir bykans 50 jaar ’n  inwoner van Parys was, is op 7 Desember, kort voor sy 85ste verjaardag oorlede. Leon en sy vrou, Ria, het in 2006 van Parys na Potchefstroom verhuis waar hy die laaste jare gevestig was. Hy was meganiese ingenieur by Sasol tot en met sy aftrede. Op die …

Leon Alberts wat vir bykans 50 jaar ’n  inwoner van Parys was, is op 7 Desember, kort voor sy 85ste verjaardag oorlede.
Leon en sy vrou, Ria, het in 2006 van Parys na Potchefstroom verhuis waar hy die laaste jare gevestig was.
Hy was meganiese ingenieur by Sasol tot en met sy aftrede. Op die rugbyveld was hy ’n  bekende gesig waar hy tot die ouderdom van 42 jaar nog vir die Parys-rugbyklub gespeel het. By die AGS Sion-gemeente was hy vir jare  tesourier en sangleier.  Met sy suiwer stem het hy vir die dorp se koor gesing wat toe onder leiding van Jan Badenhorst was.
Die herinneringsdiens vir Leon is môre 14 Desember in Potchefstroom. Leon word oorleef deur sy vrou Ria, kinders André, RW en Elrinet en vyf kleinkinders wat die tere herinneringe van ’n eggenoot, vader en oupa sal koester.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button