NewsNews

Hondegevegte: Hond uitmekaar geskeur en verdrink; 24 honde gered

‘n Spesiale Ondersoekspan van die Nasionale Dierebeskermingsverenigings (NDBV) het ‘n suksesvolle klopjag op 10 Desember gehad.

Die harde realiteit van hondegevgte.

Die harde realiteit van hondegevgte.

Inligting het hulle gelei na ‘n sindikaat wat by hondegevegte betrokke is. Ses mense is gearresteer en 24 honde is gered. Ongelukkig was sommige van die honde se beserings van so aard dat daar niks vir hulle gedoen kon word nie. Een hond is dood op die toneel aangetref. Hy was erg verskeur en ondersoek het later getoon dat hy verdrink is.

Die NDBV het net voor middernag in Lawley in Johannesburg toegeslaan waar die wrede bloedgevegte tussen die honde plaasgevind het.

Die honde wat gered is, is na ‘n veilige plek vir behandeling geneem.

Daar is ook dwelms op die perseel gevind.

Die klopjag het plaasgevind met die hulp van uitgesoekte SAPD personeel vir wie die NDBV groot waardering het.

Die NDBV wil lede van die publiek wat hul ondersteun in hul voortgesette pogings om die wrede misdaad hok te slaan bedank. Individue wat inligting oor hondegevegte het word gevra om na vore te kom. Hul identiteit sal ten alle koste beskerm word.

Hondegevegte word as ‘n ernstige oortreding gesien en die wreedheid teenoor die diere is skokkend.

Besoek gerus die NDBV webwerf hier om te sien hoe jy kan help om hondegevegte te bekamp.

 

Gered uit die hande van kriminele.

Related Articles

Back to top button