NewsNews

Pa en seun vermis

‘n Pa en seun word ten minste sedert Saterdag (3 Desember) al vermis.

Johan Four

Johan Four

 

Volgens Tineke Heeringa, het haar seun Johan Fourie (5) by sy pa Walter Fourie gaan kuier vir die vakansie. Walter moes glo na sy ouers se huis kyk maar toe sy ouers by die huis kom het hulle besef dat hy oor die tydperk nie daar was nie. Hulle het na Walter se woonstel toe gegaan waar hulle besef het dat nie hy of Johan daar is nie. Sy selfoon is af en niemand kon hom al in die hande gekry het nie.

“Ek is bekommerd omdat ek hom goed ken en weet dat hy nie nooit sy foon net sal af los en niemand eers laat weet nie,” het Heeringa gesê.

Volgens haar is hulle laas in ʼn wit Chevy Spark, registrasie nommer HYD 556 NW gesien.

Haar seun, Johan is 5 jaar oud met blonde hare en blou oë sy pa Walter is ʼn langman met bruin hare.

As enige iemand, enige informasie het oor waar Johan en Walter hulle bevind kan hulle vir Tineke skakel by 078 108 1222

 

 

Related Articles

Back to top button