NewsNews

Geloftefees by Koedoesfontein

’n Geloftefeesdiens word op Vrydag, 16 Desember om 10:00 in die Koedoesfontein-geloftesaal, sowat 12km buite Parys op regterkant langs die Potchefstroom-pad, gehou.

’n  Geloftefeesdiens word op Vrydag, 16 Desember om 10:00 in die Koedoesfontein-geloftesaal, sowat 12km buite Parys op regterkant langs die Potchefstroom-pad, gehou.
Die Koedoesfontein geloftefeesterrein en saal is net voor die Buffelshoek-polisiestasie.
Alle Parysenaars word genooi om die diens by te woon, wat gelei word deur past.
Eddie van Zyl van die AGS gemeente Vredefort.
Na die diens sal daar tee en verversings bedien word.
Só is beloof op 16 Desember 1838: “Hier staan ons voor die heilige God van hemel en aarde om ’n  gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag soos ’n  sabbat sal deurbring, en dat ons ’n  huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en eer van oorwinning aan Hom te gee.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button