NewsNews

Badbederf vir die viervoete

Wat is dan lekkerder as ’n badbederf as jou tong uithang van die hitte! Mense kon Saterdag hul viervoet vriende na die plaaslike tak van die Dierebeskermingsvereniging in Parys bring vir ’n bietjie bederf tydens ’n bederfdag wat deur die DBV aangebied is as fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek.

DSC_2263

Teen  R50 kon jy jou hondemaat laat bad, dip en naels sny. Die projek is ook deur FNB ondersteun as deel van die personeel se vrywilliger bydrae in die gemeenskap. Met die vrywilliger bydrae kan personeel hulp verleen in die gemeenskap deur fisies by ’n  nie-winsgewende organisasie se projekte betrokke te raak (minstens twee personeellede) wat dan deur FNB finansieel ondersteun word vir die projek. Met Saterdag se projek het  FNB bygedra vir die sjampoe en ander produkte wat nodig was vir die viervoet-bederf.

Rentia Hattingh het as vrywilliger vir FNB gehelp om die honde te borsel ná hul bad. DP Hattingh en sy maat het ook hand bygesit as vrywilligers by die DBV bederfdag.
Rentia Hattingh het as vrywilliger vir FNB gehelp om die honde te borsel ná hul bad. DP Hattingh en sy maat het ook hand bygesit as vrywilligers by die DBV bederfdag.

DSC_2267

Daar word beoog om die projek maandeliks aan te bied. Kom ondersteun die DBV en help só om hierdie waardevolle diens wat in die gemeenskap gelewer word, moontlik te maak.

Related Articles

Back to top button