NewsNews

Badbederf vir die viervoete

Wat is dan lekkerder as ’n badbederf as jou tong uithang van die hitte! Mense kon Saterdag hul viervoet vriende na die plaaslike tak van die Dierebeskermingsvereniging in Parys bring vir ’n bietjie bederf tydens ’n bederfdag wat deur die DBV aangebied is as fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek.

DSC_2263

Teen  R50 kon jy jou hondemaat laat bad, dip en naels sny. Die projek is ook deur FNB ondersteun as deel van die personeel se vrywilliger bydrae in die gemeenskap. Met die vrywilliger bydrae kan personeel hulp verleen in die gemeenskap deur fisies by ’n  nie-winsgewende organisasie se projekte betrokke te raak (minstens twee personeellede) wat dan deur FNB finansieel ondersteun word vir die projek. Met Saterdag se projek het  FNB bygedra vir die sjampoe en ander produkte wat nodig was vir die viervoet-bederf.

Rentia Hattingh het as vrywilliger vir FNB gehelp om die honde te borsel ná hul bad. DP Hattingh en sy maat het ook hand bygesit as vrywilligers by die DBV bederfdag.
Rentia Hattingh het as vrywilliger vir FNB gehelp om die honde te borsel ná hul bad. DP Hattingh en sy maat het ook hand bygesit as vrywilligers by die DBV bederfdag.

DSC_2267

Daar word beoog om die projek maandeliks aan te bied. Kom ondersteun die DBV en help só om hierdie waardevolle diens wat in die gemeenskap gelewer word, moontlik te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button