NewsNews

Miljoene een van die dae sonder WhatsApp

Is jy een van die wie se slimfoon dalk teen die einde van die jaar nie meer ‘slim’ genoeg gaan wees om WhatsApp te gebruik nie?

Is jy een van die wie se slimfoon dalk teen die einde van die jaar nie meer ‘slim’ genoeg gaan wees om WhatsApp te gebruik nie?

whatsapp-logo-vector

Wel, die slegte nuus is dat indien jou slimfoon met ouer weergawes van Android, iOS en Windows Phone toegerus is, gaan jy dalk moet kyk na ‘n nuwe selfoon of jy sal moet leer om sonder WhatsApp klaar te kom.

Hier is ‘n lysie waar jy kan kyk of jy geraak word:

  1. BlackBerry OS and BlackBerry 10
    2. Nokia S40
    3. Nokia Symbian S60
    4. Android 2.1 and Android 2.2
    5. Windows Phone 7
    6. iPhone 3GS/iOS

’n Goeie aanduiding is dat enige slimfoon ouer as vyf jaar in alle waarskynlikheid nie oor die regte sagteware beskik om langer met WhatsApp te kan kommunikeer nie.

Die WhatsApp-groep het die funksie vir BlackBerry OS, BlackBerry 10, Nokia S40 en Nokia Symbian S60 tot 30 Junie 2017 verleng.

As jy een van die is wat geraak word deur die nuus dan weet jy wat om vanjaar op jou Kerslysie te sit!

Bron: Huisgenoot.com

Related Articles

Back to top button