NewsNews

Negejarige een van drie wat vermoor is

ʼn 31 jarige Nigeriër is gisteraand (4 Desember) in Schweizer-Reneke in hegtenis geneem nadat hy drie mense onder andere ʼn nege jarige kind Saterdag (3 Desember) vermoor het.

police,saps

Illustration photo

fami

Die verdagte het na bewering eers na ʼn 54 jarige vrou se huis in Roshunville gegaan waar hy haar met ʼn mes gesteek het. Hy het toe ʼn paar minute later, ʼn man wat buite die huis was ook met die mes gesteek. Uiteindelik het die verdagte ʼn nege jarige kind glo met die mes bygekom. Die kind se pa het die verdagte agterna gesit maar kon hom nie vang nie. Die twee volwassenes is op die toneel dood verklaar terwyl die kind in die hospitaal dood verklaar is.

Die verdagte is later op dieselfde dag in ʼn hospitaal in Vryburg in hegtenis geneem waar hy behandeling ontvang het vir wonde wat hy opgedoen het toe hy gevlug het. Die motief vir die moorde is nog onbekend.

Die verdagte sal na verwagting op Dinsdag 6 Desember in die Schweizer-Reneke landdroshof verskyn op drie klagtes van moord.

Die Noordwes Provinsiale Kommissaris, lt.genl. Baile Motswenyane het die geval ten sterkste veroordeel. Sy het gesê dat die polisie hard sal werk om te verseker dat verdagte die volle mag van die wet voel. Sy het ook haar innige meegevoel aan die families van die oorledenes meegedeel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button