NewsNews

Vandaliste rig groot skade by bekende sportstadion aan

Carletonville Herald berig dat die Gert van Rensburg sportstadion, wat eertyds die omgewing se trots was, nou in so ‘n slegte toestand is dat dit byna nie meer gebruik kan word nie.

Me. Annett Venter by wasbakke wat by die muurbalklub gebreek is.

Me. Annett Venter by wasbakke wat by die muurbalklub gebreek is.

Die Gert van Rensburg sportstadion, wat eertyds die omgewing se trots was, is nou in so ‘n slegte toestand dat dit byna nie meer gebruik kan word nie.
Hoewel sportklubs en ander organisasies wat die stadion onlangs gebruik het, gekla het dat alles hier nie pluis is nie, het die toestand van die stadion onlangs drasties agteruitgegaan na vandaliste eers die krieket- en rugbyklub sowat twee weke gelede en toe die muurbalklub ‘n week gelede getakel het. Dit wat nie tydens die eerste voorval
by die rugbyklub gebreek is nie, is ook verlede week gevandaliseer.

IMG_3216
‘n Raadslid van die omgewing, me. Annett Venter, het die skade aan die Herald gewys. Al die wasbakke in die onderste badkamers by die rugbyklub, sowel as by die krieket- en muurbalklub is uit die mure geruk en gebreek.

IMG_3141
Die vandaliste het ook deure oopgebreek, elektriese kabels uitgeruk en op een plek graffiti op ‘n muur aangebring.
Die bankies by die muurbalbaan is ook uitgeruk en gesteel, terwyl kombuistoerusting
by die krieketklub ook gesteel is.
“Die vandaliste kon maklik toegang tot alles kry omdat hier glad nie meer sekuriteitswagte is nie,” het Venter gekla.

IMG_3244
Sy het ook aan die Herald gewys hoe ten minste een deur glad nie kan sluit nie . Die slot van een van die deure het ook elders op die terrein gelê. Die vermoede bestaan dat jongmense van die omgewing vir baie van die skade verantwoordelik is. Hulle breek blykbaar die metaalware uit om te verkoop sowat hul geld vir dwelms kan kry. ‘n
Inspuiting wat tydens die Herald en Venter se besoek agter een van die pawiljoene
langs die rugbybaan gevind is, het dié vermoede versterk.

IMG_3220
Intussen is die fasiliteite ook duidelik nie behoorlik onderhou nie. Op verskeie
plekke is plafonne uitgebreek en plekke waar water deur die dag gelek het, kan op plafonne by beide die rugby-en krieketklub gesien word. Van die elektriese kaste by die stadion kan nie behoorlik toe nie en elders het ‘n waterpyp duidelik lank gelek.
Intussen lyk dit of daar ernstige strukturele probleme by die rugbyklub is, aangesien nie net sommige trappe en sitplekke nie, maar ook bakstene in mure op plekke begin skeeftrek en op ander begin beweeg.

Van die trappe agter die pawiljoen by die rugbyklub wat besig is om te sak. Van die bakstene teen die muur trek ook los.

“Ek het al maande gelede hierdie probleme by die munisipaliteit aangemeld, maar niks is gedoen nie,” het Venter gekla. Die Herald het na afloop van die besoek Dinsdag vrae oor die probleme aan die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit gestuur.
“Die sekuriteitsdienste is weens geldelike probleme gestop. Vorige eise vir skade is nog nie deur die versekering uitbetaal nie. Sake is ook reeds voorheen by die polisie aangemeld.

IMG_3180
“Die fasiliteit sal meer aandag kry sodra dit finansieel moontlik is om dit te doen. Verdere planne om die kompleks te gebruik, sal ontwikkel word sodra dit oorgedoen is,” het die woordvoerder gesê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button