NewsNews

Huishulp doodgesteek

’n 36-Jarige huishulp is vanoggend (Vrydag 2 Desember) by ’n meenthuiskompleks in Ortleppstraat, Parys, met ’n mes deur ’n tuinwerker doodgesteek. Volgens die polisie blyk dit dat die huishulp en tuinwerker vantevore in ’n verhouding was. Albei het vanoggend kom werk en het dit nie voorgekom asof daar struweling tussen hulle was nie.

’n  36-Jarige huishulp is vanoggend (Vrydag 2 Desember) by ’n  meenthuiskompleks in Ortleppstraat, Parys, met ’n  mes deur ’n  tuinwerker doodgesteek.
Volgens die polisie blyk dit dat die huishulp en tuinwerker vantevore in ’n verhouding was. Albei het vanoggend kom werk en het dit nie voorgekom asof daar struweling tussen hulle was nie.
Die huisinwoners het egter later ’n  geraas by die motorhuis gehoor waarop hulle die tuinwerker in die motorhuis gekry het waar hy herhaaldelik besig was om die huishulp met ’n  mes te steek.
Die aanval het oënskynlik reeds buite die motorhuis begin.
Sy is op die toneel oorlede.
Die tuinwerker het weggehardloop. Die huisinwoners het egter ’n selfoonnommer vir hom gehad en toe die polisie die nommer skakel het hy geantwoord en gesê dat hy by die laagwaterbrug na Gholfeiland is. Hy is daar in hegtenis geneem. Die voorval het omstreeks 09:30 vanoggend gebeur. Die polisie ondersoek ’n klag van moord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button