NewsNews

Gewapende roof: Twee vulstasies loop deur

Beide Kroonvaal Engen One Stop vulstasies weerskante van die N1 in die noordelike en suidelike rigtings is vanoggend (Vrydag 2 Desember) net na 02:00 beroof Volgens sers. Sinah Mpakane, die polisie se provinsiale woordvoerder, het vyf gewapende mans met klapmusse net na 02:00 die personeel aangesê om na die badkamers te beweeg waarna plofstof gebruik is om die geldkluis (drop safe) oop te kry. Die rowers het met ’n onbekende bedrag geld in ’n silwerkleurige Mercedes Benz waarvan die registrasienommer nie bekend is nie, gevlug. Niemand is in die voorval beseer nie.

Beide Kroonvaal Engen One Stop vulstasies weerskante van die N1 in die noordelike en suidelike rigtings is vanoggend (Vrydag 2 Desember) net na 02:00 beroof
Volgens sers. Sinah Mpakane, die polisie se provinsiale woordvoerder, het vyf gewapende mans met klapmusse net na 02:00 die personeel aangesê om na die badkamers te beweeg waarna plofstof gebruik is om die geldkluis (drop safe) oop te kry. Die rowers het met ’n onbekende bedrag geld in ’n silwerkleurige Mercedes Benz waarvan die registrasienommer nie bekend is nie, gevlug. Niemand is in die voorval beseer nie.
Volgens sers. Mpakane is die rowers daarna na die vulstasie aan die oorkant van die pad waar dieselfde modus operandi gebruik is.
Die verdagtes is steeds op vrye voet. Die polisie ondersoek klagtes van gewapende roof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button