NewsNews

Fliek Vlooi: Ghostbusters

Ek gee Ghostbusters 9/10. Dit is skreeusnaaks, die akteurs is briljant en dit is van begin tot einde ‘n komedie-meesterstuk.

ghostbusters-2016-poster-web

Nadat ‘n spook in ‘n ou huis in Manhattan gesien word, nader die eienaar van die huis vir Erin Gilbert (Kristen Wiig), ‘n fisikus wat jare gelede saam met haar vriendin en bonatuurlike navorser Abby Yates (Melissa McCarthy) ‘n boek geskryf het oor die bonatuurlike, waarin hulle probeer bewys het dat spoke bestaan in ons moderne samelewing.
Erin, wat glad nie meer ‘n belangstelling in hierdie tipe navorsing het nie, en baie ernstig is oor haar huidige werk as professor by die Universiteit van Colombia, wys die eienaar van die huis weg, briesend oor die boek wat op die internet beskikbaar is.
Sy konfronteer Abby oor die boek, en kort voor lank vind sy haarself, Abby en die eksentrieke ingenieur, Jillian Holtzmann (Kate McKinnon), in die reuse huis waar die spook skynbaar gesien is.
Hierdie was net die eerste van nog baie spoke wat die strate van Manhattan begin oorneem.
Die drie vind hulself en nog ‘n spanmaat, Patty Tolan (Leslie Jones), en begin hul eie spookvang-besigheid Ghostbusters, om uiteindelik die stad te red van duisende spoke wat hulself tuis maak in Times Square.
Alhoewel die eerste twee Ghostbuster films wat in 1984 en 1989 vervaardig is, baie hoë verwagtinge geskep het vir die 3de een, het die nuwe film, slegs met vroue in die hoofrolle, beslis alle verwagtinge oortref.

Ek gee Ghostbusters 9/10. Dit is skreeusnaaks, die akteurs is briljant en dit is van begin tot einde ‘n komedie-meesterstuk.

Ghostbusters het ‘n ouderdomsbeperking van 13 en ouertoesig word aanbeveel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button