NewsNews

Valke arresteer aanklaer

Die Valke se teen korrupsie-eenheid het Donderdagmiddag ’n 40-jarige aanklaer in Parys in hegtenis geneem op ’n klag van korrupsie ná inligting van ’n klaer ontvang is wat self aangekla is vir diefstal.

Die Valke se teen korrupsie-eenheid het Donderdagmiddag ’n  40-jarige aanklaer in Parys in hegtenis geneem op ’n  klag van korrupsie ná inligting van ’n  klaer ontvang is wat self aangekla is vir diefstal.
Die klaer het beweer dat die aanklaer hom glo R1 500 sou gevra het in ruil daarvoor dat sy dossier verdwyn en die klag teen hom teruggetrek word.
Die Valke het R1 000 van die beweerde omkoopgeld in die amptenaar se kantoor gekry toe dit deursoek is, waarop die arrestasie gemaak is.
Die aanklaer sal vanoggend voor die hof verskyn, het kapt. Sfiso Nyakane, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button