NewsNews

En kyk waar swem ons nou!

Bykans 20 jaar nadat Parys se munisipale swembad van Olimpiese standaard gesluit is omdat dit nie deur die munisipaliteit onderhou is nie, wil dit nou lyk asof daar uiteindelik weer ’n swembad vir die dorp is!

Heelwat verbygangers het vanoggend dalk self lus gevoel om die swemklere aan te trek toe Francois en Hendrik Joubert saam met Caroline van der Linde net na 08:00 hier in die water baljaar het waar die munisipaliteit drie weke gelede begin het om ’n  pyplek reg te maak.

Te midde van hittegolf temperature van naby 40 grade wat die afgelope week gevoel is, het kinders vanoggend (Donderdag 1 Desember) te lekker baljaar in die gat by die kruising van Loop- en Waterstraat. Boonop is die “swembad” heel sigbaar vir besoekers aan die dorp soos hulle die dorp binnery.
Motoriste moet maar vir eers verlief neem met die chaos by die reeds verwarrende kruising, want die munisipaliteit sukkel nou drie weke om die pyplek hier reg te maak en die gat toe te gooi.
Met al die reën wat Parys die laaste paar weke gekry het, het die gat sommer gou vol water geraak. En hoekom dan nie maar die water geniet – seer oog en skande vir die dorp of te nie!

En dit is wat oor is van Parys se munisipale swembad na bykans 20 jaar wat dit nou in onbruik is. ’n  Groot leemte vir ’n  dorp wat staatmaak op toerisme as hoofbron van inkomste.
En dit is wat oor is van Parys se munisipale swembad na bykans 20 jaar wat dit nou in onbruik is. ’n Groot leemte vir ’n dorp wat staatmaak op toerisme as hoofbron van inkomste.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button