LetterOpinions

Groet ná 24 jaar diens

Ná 24 jaar op die Ouerkomitees van beide Parys Primêre skool en die Hoërskool Parys, waarvan 11 jaar as voorsitter by die laerskool en agt jaar as voorsitter by die hoërskool, sluit ek ’n hoofstuk van my lewe af nadat die jongste van my vyf kinders pas sy matriek eindeksamen voltooi het.

Dit is met ’n traan in die oog, maar met ’n blye hart en oneindige dankbaarheid teenoor die Here vir Sy genade, dat ek groet as lid van die ouerkomitee.
Van die 24 jaar het ek 15 jaar gelyktydig op beide skole se komitees ge-dien en vir drie jaar gelyktydig as voorsitter by beide skole.
Dankie aan elke komiteelid, ouer, personeellid en leerlinge wat my pad oor die jare gekruis het.
Dit was ’n voorreg om saam met julle te kon werk vir iets wat my so na aan die hart lê – ons skole.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button