NewsNews

Jou bloed kan vir ander ’n verskil maak hierdie Feesseisoen

Tradisioneel is Desember ʼn moeilike tyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) omdat hulle nie die 3 000 eenhede bloed daagliks kan insamel nie. Die behoefte aan bloed raak ons elkeen.

Tradisioneel is Desember ʼn moeilike tyd vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) omdat hulle nie die 3 000 eenhede bloed daagliks kan insamel nie. Die behoefte aan bloed raak ons elkeen.
Agt uit tien mense sal bloed of bloedprodukte op ’n  stadium in hul lewe benodig. Met een bloedskenking kan jy soveel as drie lewens red.
’n Eenheid bloed word in drie komponente geskei: Rooibloedselle (om die bloedvolume te vervang van ’n  persoon wat baie bloed verloor het byvoorbeeld tydens ʼn motorongeluk of kindergeboorte), plasma (vir mense wat aan ’n bloedsiekte byvoorbeeld hemofilie ly of wat ernstige brandwonde opgedoen het) en plaatjies word gegee aan kankerpasiënte, wie se plaatjies deur chemoterapie vernietig is.
As ons na vorige jare se bloedvoorrade oor die Feesseisoen kyk, weet ons dat moeilike tye voorlê.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 13 Desember by die Hervormde Kerksaal Parys vanaf 13:00 tot 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
•Tussen die ouderdom van 16-65 wees, meer as 50kg weeg, iets voor jou skenking eet, ʼn veilige seksuele leefstyl lei en gesond wees op die dag van skenking.
SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit wat die lewens van hul medemense op hierdie manier red.
Help ons asseblief om ’n bloedtekort te voorkom deur bloedskenk te ondersteun..

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button