
Die Automobielvereniging van Suid-Afrika (AA) het gister die goeie nuus aangekondig dat brandstofpryse in Desember sal afneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Die Automobielvereniging van Suid-Afrika (AA) het gister die goeie nuus aangekondig dat brandstofpryse in Desember sal afneem.
Dit is ‘n groot verligting vir Suid-Afrikaners, veral die wat oor die feesseisoen met vakansie gaan.
Petrol sal na beraming 41 sent per liter goedkoper wees en diesel 38 sent. Die prys van lampolie sal na verwagting met 36 sent per liter afneem.
Die AA waarsku egter dat brandstofpryse die volgende paar maande steeds wipplank kan ry weens die politieke ontwikkelinge, die ekonomie en die moontlike veranderinge wat kan intree wanneer Donald Trump amptelik president van Amerika word.
Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.