
Om jou verjaardag op Facebook bekend te maak kan jou egter duur te staan kom, want identiteitsdiewe is veral bedrywig op sosialemedia-platforms om persoonlike besonderhede van individue soos jou naam en van, adres, verjaardag, selfoonnommer en e-posadres te bekom. En as jy jou weer kry is jy ook deel van die identiteitsbedrog statistiek.
Volgens Cifas (die Verenigde Koninkryk se bedrogverhinderingsdiens) het aanlyn identiteitsbedrog die afgelope jaar verdubbel en om jou verjaardag boonop op Facebook bekend te maak, loop jy ‘n groter risiko.
Wees veilig en haal maar jou verjaardag van Facebook af, voor dit dalk te laat is.
Hoe om jou verjaardag van Facebook af te haal:
Stap 1: Gaan na jou tydlyn op Facebook
Stap 2: Klik op “About”
Stap 3: Klik op “Contact and Basic Info”
Stap 4: Klik op die slot-ikoon langs jou verjaardag en verander na “Only me”
Stap 5: Berg die veranderings
Bron: Huisgenoot



