NewsNews

Oos wes, nes bes

Aan die begin van die jaar het daar n Lyster voëltjie nes gemaak in’n geelhoutboomp voor my stoep. Ek het een van daardie lugplante in die boompie gehad en die wyfie en mannetjie het dit gebruik om nes te maak!

Aan die begin van die jaar het daar n Lyster voëltjie nes gemaak in’n  geelhoutboomp voor my stoep. Ek het een van daardie lugplante in die boompie gehad en die wyfie en mannetjie het dit gebruik om nes te maak!
Dit was nie baie stewig nie, maar hulle het daarin geslaag om twee pragtige kleintjies uit te broei!
Hulle het hier leer vlieg en is toe weg!
Ek het aan die begin van November die boompie bietjie gesnoei en netjies gemaak.
Toe kyk ek na die ou nessie en besuit om dit reg te maak, te verstewig en vas te bind!
Ek het gehoop dat ander voeltjies dit dalk kon gebruik!
Verlede Sondag 20 November, tot my grootste verbasing, was daar twee Lysters in my tuin!
En vroeg Maandagoggend toe ek kyk, sit sy in die nessie. Ek is seker dit is dieselfde twee lysters!
Sy was so mak en het glad nie omgegee dat ek haar foto neem nie!
Die mannetjie is nooit ver weg nie en sit op die nessie as sy uitvlieg!
Dit is vir my verbasend dat hulle nie net na dieselfde plek teruggekom het nie, maar dat hulle die nessie aanvaar het wat ek gebou het!
Die Nessie is uit lugplante gemaak en heeltemal stewig ..maar nogtans oop!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button