NewsNews

Uit my dagboek: Pappa se kind: Wat hou die toekoms in?

Ek hou daarvan om te dagdroom oor wat die toekoms vir Aiden inhou. Meestal is dit groot drome en ek sien al hoe hy vir die Bokke speel. Deesdae dink ek dit sal beter wees as hy vir Bafana sokker speel. Soms dink ek hy gaan VIGS- of kankerlyers genees. Tog het die werklikheid my…

Ek en Aiden.

Ek en Aiden.

Ek hou daarvan om te dagdroom oor wat die toekoms vir Aiden inhou.
Meestal is dit groot drome en ek sien al hoe hy vir die Bokke speel. Deesdae dink ek dit sal beter wees as hy vir Bafana sokker speel. Soms dink ek hy gaan VIGS- of kankerlyers genees.
Tog het die werklikheid my oor die naweek getref. ’n Baie goeie vriend van my is tydens ’n rooftog doodgeskiet. Sy seun is ’n bietjie ouer as Aiden. Ons het albei ons opwinding oor ons seuns gedeel. Dit was vir my ’n groot skok. ’n Gesin is nou sonder ’n pa. Klein Musa, of soos ek hom begin noem het, ‘Frikkie’ sal nooit weet watter merkwaardige man sy pa was nie.

phum en frikkie

Omdat ek oor misdaad skryf, het ek gedink dat ek die realiteit van lewe in Suid-Afrika besef.
Phumlani se dood het my laat besef dat al die drome wat ons het, in ’n oogwink kan verdwyn.
Ek het vir Aiden styf vasgedruk nadat ek die nuus ontvang het. Dit is maklik, met die warrelwind van ons elke dag se lewe, om te vergeet dat ons mekaar moet waardeer. Ek het my voorgeneem om nie te veel aan die toekoms te dink nie. Ek sal liewer die oomblikke geniet saam met my familie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button