Raaisel oor erg ontbinde lyk in erf
‘n Erg ontbinde lyk is vanoggend (23 November) omstreeks 09:00 in ‘n erf in Mareestraat gevind. Die bure se tuinier was glo besig om in die tuin te werk toe hy iets slegs geruik het. Hy het die reuk gevolg tot hy op die gru–vonds afgekom het. Mooirivier Beskerming is daarheen ontbied en oppad daarheen is…
Die bure se tuinier was glo besig om in die tuin te werk toe hy iets slegs geruik het. Hy het die reuk gevolg tot hy op die gru–vonds afgekom het. Mooirivier Beskerming is daarheen ontbied en oppad daarheen is die polisie ook in kennis gestel.
Met aankoms is die lyk agter ‘n hondehok in die hoek van die erf gevind. Daar kon egter nog nie vasgestel word wie die persoon is, hoe die lyk daar beland het of hoe lank dit al daar gelê het nie.
Volgens ander bure in die omgewing was daar ongeveer ‘n week gelede ‘n inbraak by die oorkantste erf waar verdagtes gevlug het. Een van die gerugte wat die rondte doen is dat die lyk moontlik een van die inbrekers was wat die aand gevlug, oor die muur wou klim waarna hy geval en sy nek gebreek het.
Die polisie stel verder ondersoek in.