Breek die stilte oor gesinsgeweld
Die 16 dae van aktivisme teen geslags gebaseerde geweld skop vanjaar af op 25 November (wat ook die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue is). Die veldtog loop dan ten einde op 10 Desember, wat Internasionale Menseregtedag is. In Suid-Afrika is die 16 dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders sedert 1998 ’n jaarlikse instelling.

Die 16 dae van aktivisme teen geslags gebaseerde geweld skop vanjaar af op 25 November (wat ook die Internasionale Dag vir die Uitwissing van Geweld teen Vroue is). Die veldtog loop dan ten einde op 10 Desember, wat Internasionale Menseregtedag is.
In Suid-Afrika is die 16 dae van Aktivisme teen geweld teen vroue en kinders sedert 1998 ’n jaarlikse instelling.
Parysenaars word, as deel van die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum se veldtog, genooi om op Saterdag 26 November tussen 09:00 en 10:00 na ’n tentoonstelling van motorfietse te kom kyk in die parkeerarea voor die dorp se stadsaal. Terselfdertyd sal die publiek toegespreek word deur die GPF en Cluster polisie oor gesinsgeweld, die tekens daarvan en hoe om, as jy ’n slagoffer is, jouself te beskerm deur ’n beskermingsbevel. Die sektorpatrolleerders van Parys sal by die geleentheid beskikbaar wees om met lede van die publiek te gesels oor veiligheid. Vir navrae skakel ao. Jan le Roux by (056) 816 2500 of Anne-marie du Toit van die GPF by (056) 811 4631.



