Sersant Thembeka Koago, woordvoerder vir die Boipatong-polisiestasie, het die inligting aan Vaalweekblad bevestig.
Die drie makkers is aangekla van moord en huisbraak en sal môre in die Vanderbijlparkse landdroshof verskyn.
Ao. Stephenson is verlede Dinsdag deur haar buurman en twee kollega’s dood by haar woning in Westinghouse-boulevard aangetref.
Sy is vermoedelik verwurg.