NewsNews

VS gaan ook deel wees van Madeira blommefees

Dis amptelik! Die Vrystaatse Premier, mnr Ace Magashule het bevestig dat Parys in 2017 weer die gasdorp sal wees vir die Vrystaat/Madeira Blommefees. Premier Magashule het gesê die fees met sy 130 000 blomme, 5 sierwaens en honderde dansers was só ’n sukses wat die standaard baie hoog stel vir 2017.

Dis amptelik! Die Vrystaatse Premier, mnr Ace Magashule het bevestig dat Parys in 2017 weer die gasdorp sal wees vir die Vrystaat/Madeira Blommefees.
Premier Magashule het gesê die fees met sy 130 000 blomme, 5 sierwaens en honderde dansers was só ’n  sukses wat die standaard baie hoog stel vir 2017.
Die fees is vanjaar in samewerking met die Madeira regering aangebied en is geskoei op dié eiland se blommefees wat al vir jare aangebied word. Die fees is vroeër deur premier Magashule en ander regeringsverteenwoordigers bygewoon waar besluit is om ook in die Vrystaat ’n  soortgelyke fees aan te bied om toerisme en geleenthede in die blomme-industrie veral ook op die wêreldmark uit te brei.
Die Madeira president, Miguel Alburquergue, het ook reeds aangedui dat sy regering volgende jaar weer ’n  vennoot van die Vrystaatse regering sal wees vir die aanbied van die fees. En om dié vennootskap te bevestig tussen die Vrystaatse en Madeira regerings, beoog die Madeira president om ook ’n vlot van die Vrystaat te nooi om deel te wees van die 2017 Madeira Blommefees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button