
Mnr. André Lamprecht is op Maandag 7 November in Parys skuldig bevind aan twee klagte van bedrog en tot drie jaar gevangenisstraf op elk van die klagte gevonnis.
Die 44-jarige Lamprecht is op 6 Oktober in Parys in hegtenis geneem op klagte van bedrog en diefstal, nadat hy onder meer mense om die bos gelei het deur voor te gee dat hy vleis verkoop, net om dan met die niksvermoedende slagoffer se geld te verdwyn, sonder die beloofde vleis. Daar was ook ander slenters met ’n beloofde reis saam met vriende waarvoor ook geld gedeponeer moes word, maar van die beloofde reis het niks gekom nie.
Verskeie name is deur Lamprecht gebruik vir sy slenters. Hy moet nog vir soortgelyke klagtes in onder meer Bloemfontein voorkom..



